Tussen Die Duiwel En Die Diep Blou See

Tussen die duiwel en die diepblou see
Jyt my seker lankal uit jou hart uitgetap ek het weggesyfer altyd vergete
Die liefde seker lankal al met ink op papier uitgeskryf as iets van die verlede
Hoe vining kom die liefde soms en dan is ons nie reg nie
Hoe vining maak die hart dan toe as niemand vir hom veg nie
As ek jou net life kon hê asof niks om te verloor nie
Sou ek jou dalk life kon hê en niks anders bly oor nie

[Koor]
Op die soutpad bo die heuwels tussen die duiwel en die diepblou see
Bestuur sy en baklei hy om sy hart vir haar te gee
Want daar is mure hoë mure rondom sy hart gebou
En niemand weet nie, nie eers hy nie
Of hou hy dan wel van haar

Soos die son se laaste strale in die weste verdwyn
En dan lig begin gooi in ander kontinente
Soos die herfs vir die somer wag om hallo te sê
Soos swaeltjies soek vir nuwe lente
So gaan ek soms die donker deur
Maar nooit sonder die maan nie
So gaan ons die seisoene deur
Ons gaan nie alles verstaan nie
Ek dink ek het jou lief gehad
Maar nie in ons seisoen nie
Ek dink ek het jou lief gehad
Maar kon niks daaraan doen nie

[Koor]
Op die soutpad bo die heuwels tussen die duiwel en die diepblou see
Bestuur sy en baklei hy om sy hart vir haar te gee
Want daar is mure hoe mure rondom sy hart gebou
En niemand weet nie nie eers hy nie
Of hou hy dan wel van haar
Hou hy van haar (x3)

[Koor]
Op die soutpad tussen die duiwel en die diepblou see