Angeline

Al bly ek in die Noorde
Altyd luister na my woorde
My vals kitaar akoorde van kleins
Wil my skel oor al my klere
My troos na al my sere
En die wawyd oop staan deure net sy
Wil jy weet waaroor ek treur
Klop klop saggies teen my deur
Is my hart nogsteeds so seer soos laasjaar
Wou jy weet waaroor ek huil
Is my kamer nog so vuil
Sou jy alles kon verruil vir liefde

[Koor]
Ek pluk vir jou ‘n sonneblom langs die pad Angeline
jy’t gister weer te veel na ons verlang
Ek pluk vir jou ‘n sonneblom langs die pad Angeline
Gister het die griep my weer gevang

In die maan se diepste krater
Los haar eie seer tot later
Les my dors as ek ontwater
Nogsteeds
Raak ons die paaie somtyds byster
Altyd naby om te luister
As die duiwel soms kom fluister
In my oor

[Koor]
Ek pluk vir jou ‘n sonneblom langs die pad Angeline
Want jy’t gister weer te veel na ons verlang
Ek pluk vir jou ‘n sonneblom langs die pad Angeline
Gister het die griep my weer gevang