Verlore Stilte

Sitvlak, sit sag, hard sag, slaap seer, doen dit weer
Vir die hoeveelste keer
vir die hoeveelste keer
In my dra ek wonde waarvan die oorsaak is soek
heel moontlik weggebêre in 'n stofbedekte boek

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou 'n huis in die berge
Los ons vuilstreke
In 'n verre vae verlede
In 'n verre vae verlede

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou 'n huis in die berge
Los ons vuilstreke
In 'n verre vae verlede
In 'n verre vae verlede

Elke spoor wat ek verloor
Laat my met een minder oor
Elke spoor wat ek verloor
Verlore stilte aan 'n dowwe gedreun
'n Leuen vir n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën
Neon-bestraling wat my toestand ondersteun
'n Leuen vir n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën

Die plastieksade is geplant
En ons tupperware-bome is ons grootgemaak
Ek mis my tyd
Ek mis die son wat skyn op ons staat
En kinders wat spoorsny
Tevergeefs, voete kan geen indruk op teer nalaat

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou 'n huis in die berge
los ons aapstreke in n verre vry verlede
In n verre vrye verlede

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou 'n huis in die berge
los ons aapstreke in n verre vry verlede
In n verre vrye verlede

Elke spoor wat ek verloor
Laat my met een minder oor
Elke spoor wat ek verloor
Verlore stilte aan 'n dowwe gedreun
'n Leuen vir n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën
Neon-bestraling wat my toestand ondersteun
'n Leuen vir n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën