Ons Kyk Na Ons Mense

Soos ‘n veldbrand, wat versprei oor jou lyf
‘n Blinde toestand, instinktief binne my
Kom ons trek saam, tyd is nie verby

Soos ‘n vuurpyl, wat die aarde verlaat
En ‘n weg baan, hy breek uit die format
Sal jy voor loop, en op die berge staan?
Deur die optel en die saamdra sal ons nie so gou vergaan.

Kan jy voel hoe dit brand, van jou hart tot jou hand
Dis ons huis dis ons land.
Ons kyk na ons mense!
Val sal ons val, maar sal daaruit sterker opstaan
Want ons kyk na ons mense, ons kyk na ons mense.

Soos ‘n vuurpyl, wat die aarde verlaat
En ‘n weg baan, hy breek uit die format
Sal jy voor loop, en op die berge staan?
Deur die optel en die saamdra sal ons nie so gou vergaan.

Kan jy voel hoe dit brand, van jou hart tot jou hand
Dis ons huis dis ons land
Ons kyk na ons mense
Val sal ons val, maar sal daaruit sterker opstaan
Want ons kyk na ons mense, ons kyk na ons mense.