Gebore Om Vry Te Wees

Stilsit is my vyand
Normaal maak my bang
My hart roep na die oopte

Net ek, 2 wiele en ‘n lang teerpad.

Gebore om vry te wees
Gebore om ‘n rowwe jack te wees
Nes Indiana Jones en daai bear grills ou wil ek vry wees

Ek het nie tyd vir ‘n baas nie
Ek doen meer as praat
Die sterre is my kompas
Die N1 is my kaart.

Bring die sterkste kettangs
Bring die mooiste vrou
Bring ‘n hele weermag
Niks sal my terughou