Langs ‘n opslaantent buite hartenbos
Sug oom vetseun fielies langs ‘n groot bord kos
15 braaibroodjies en ‘n meter wors
Dubbel brandewyne want die oom is dors
Hy lyk soos w w e se mr t
Op sy themp staan daar groot: r you looking @ me?
Maar as tina van wyk van agter die stoof vir hom kyk
Begin hy soos ‘n bang verwarde springhaas lyk
[Koor]
Sys so onortodoks
Sy’t teen mike tyson loop boks
Sys ‘n bengaalse tier
Soos ‘n skoothondjie versier
Haar naam is tina van wyk
Die upper class het haar ontduik
Sy dra ‘n fake, zef paris hilton pruik
Dertig jaar gelede op die strand onmoet
By dieselfde kampterrein vir mekaar skaam gegroet
Sy was ‘n hottie en hy was sterk
Nou’s sy op holiday en hy moet werk!
Fielies maak vuur, fielies moet braai
Fielies moet vir vir tina met ‘n piesangblaar waai
Fielies gaan maak vir my ‘n margarita…
[Koor]
By die swembad in haar neon pienk monokini
Het tina gedog fielies gaan vir haar nie sien nie
Skelm met die lewensreder hom verneuk
Fielies se klein hartjie nou finaal gebreek
Tina masheer my , tina maak slaai
Tina moet vir fielies met ‘n piesangblaar waai
Tina bring vir my ‘n brandewyn!
[Koor]