Vagevuur

brand in lou vlamme
katarsis in verveling
die vagevuur se mond sê niks
en sluk ons heeldag heel in

bored.
lek die zeitgeist se gesig met jou bek
soen so liefdevol die slang se silwer nek
dieper in jou keel, tot net voordat jy vrek
sluk die saad van vermaaklikheidsgebrek
brek brek ek ek ek ek
ek doen dit vrywillig: a high score per minute
die middelgrond is no-man’s land, die ingangsfooi is billik
a front row seat - hoor die Vier Ruiters runnik
‘n dodelike ritme in die binnekring se grinnik
dis golden circle bitches, a bang en a whimper
ons is meer verstrooid as ‘n flippin voëlverskrikker
sukkel met simbole, is alles puzzle-stukke?
struikelblokke om die lokval, sien jy stel nog strikke
si-mu-la-cra
moerse leeg hier binne - skadu’s teen die muur
’n eindelose optog in die dowwe vagevuur
verwytend kap die beitel aan ’n tydgeslypte muur
verdwynend in die ruimte buite pyn of plesier

brand in lou vlamme
katarsis in verveling
die vagevuur se mond sê niks
en sluk ons heeldag heel in

ons word lewendig opgeëet, soet sappige happies
sentimentele lekker loslappie-pappies
sakkie sokkie sukkel, driedruk-deurdrukkers
gatswaai drinkgat goue oue treffers
elke dag is braaidag, die vlamme vlek ‘ie vlees
chesa nyama vreesloos dik gevreet
maar leër as leeg, onblusbare honger
want niks maak ons vol hier tussen bo en onder