Anderkant

In die kar, in die nuus, op die radio
In die ry, in die maal, in die Pick & Pay
En op die strand waai die wind my woorde weg
Sit op die stoep tot laat

As die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
En aan die anderkant, van die baai het jy ‘n huis
En as die liggies brand weet ek daar’s iemand tuis

My hele lewe lank in ‘n band gejol
Die lyne van die pad deur die land gevolg
En op ‘n strand waai die wind my woorde weg
Sit in die hotel tot laat

En as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
En aan die anderkant, van die baai het jy ‘n huis
En as die liggies brand weet ek daar’s iemand tuis
En as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
Skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
En aan die anderkant, en aan die ander kant

Jou oë, jou somer skouers blink
Jou hare is terug geborsel
en jy is besig om dit vas te bind
Jou sonbrille vang vir ‘n oomblik die son lig

En aan die anderkant, van die baai het jy ‘n huis
En as die liggies brand weet ek weet ek daar’s iemand tuis