Wat Nou

Nog nooit was iets so mooi vir my

Dit speel al in my kop presies

Hoe ek saam ‘n perfekte jy

Ons twee se eerste oomblik sien…

(voorkoor)

Ek wat nader stap

My hart klop hard

Jou oë op my

Maar voor ek woorde uitkry

(koor)

Daar gaan vang my hart in my keel vas

Niks kom uit, hoe praat ek met jou?

Jy’s mooier as die mooiste wat ooit was

Ek staan woordeloos, so wat nou?

Ek staan woordeloos, wat nou?

Waoh waoh, wa-oh

Waoh waoh, wat nou?

‘n Ander dag, ‘n tweede kans

Ek’s net ‘n tree weg van jou

Ek sien al hoe ek voor jou staan

Ons liefde begin met hallo

(voorkoor)

Hier staan ek weer

'n Tweede keer

Jy kyk op na my

Maar voor ek hallo uitkry

Daar gaan vang my hart in my keel vas

Niks kom uit, hoe praat ek met jou?

Jy’s mooier as die mooiste wat ooit was

Ek staan woordeloos, so wat nou?

Ek staan woordeloos, wat nou?

Waoh waoh, wa-oh

Waoh waoh, wat nou?

(Brug)

Ek kry uiteindelik die moed

Die keer gaan ek dit vir jou sê

Al slaan jou mooi my keel weer toe

Ek gaan my hart voor jou neerlê

(voorkoor)

Ek plant my weer

Reg voor jou neer

Jy kyk na my

Maar voor ek woorde uitkry

(koor)

Daar sê jy als wat in my hart was

Elke woord wat ek heeltyd wou

Die mooiste van die mooiste hou my vas

Ek staan woordeloos, want wat nou?

Ek staan woordeloos, wat nou?

Waoh waoh, wa-oh

Waoh waoh, wat nou?