Here Man

Oppad met groot verwagting
En drie van ons is hier
Het dit op straat gekoop
Dis seker hoekom dit nie werk nie
Slaap in die kar slaap min
En teen sonop begin ons weer
Teen die middag was ek uit (x2)

Here man dis goed om jou hier te sien (x2)

Word wakker op 'n plaas
En drie van ons wat weer sien
'n Trippel op papier
Dis 'n ander dier dis 'n nuwe uur
Lang storie kort
Loop vas in 'n jong man in kakie se vuis
Na die eerste hou was ek uit (x2)

Here man dis goed om jou hier te sien (x4)

Kom by in die polisiestasie
Veterloos maar 'n brein vol
'n Reservis het my opgetel
Gearresteer gemoer gedrag oproerig
Ek is in 'n sel met dronkes
Tienuur kan ons gaan
Van my sellmaats bedel
Voor 'n drankwinkel en se

Here man dis goed om jou hier te sien (x6)