Honger Hart

Laat my staan, in die reën en wag vir 'n laaste slag op jou.
Laat my staan in die reën, vir jou.
Ek sal wag, deur die donker uur deur die winter van my woorde.
En die deur die stiltes van die vuur.
Ek het gekom om jou te soek, want jy roep na my.
En as ek weet waar jy is, sal soldate, my nie weghou nie.

Met 'n honger hart, sal ek voor jou staan, as die kaarte en wys waar ek jou kry.
Met 'n honger hart, het ek jou kom haal, toe die paaie my al maal na jou toe lei.
Dis is net jy, in die bloudruk droom van my.
Dit is net jy, in die spieëlbeeld deel van my.
In jou oë, lê die stil verhaal, in 'n taal wat ek verstaan.
Maar in die kyk en die weet van jou oë.
Ek sal staan, deur die stormweer met die dors hier binne my.
En net voor ek loop vat ek jou saam.
Ek sal jou soek tot ek jou kry, want jy vra na my.
En al krag wat my sal keer is die van die donderweer.

Met 'n honger hart, sal ek voor jou staan, as die kaarte en wys waar ek jou kry.
Met 'n honger hart, het ek jou kom haal, toe die paaie my al maal na jou toe lei.
Dis is net jy, in die bloudruk droom van my.
Dit is net jy, in die spieëlbeeld deel van my.
Elke keer, deur skares van gesigte, kyk ek na jou.
Daar’s duisend geheime, en raaisels na bo.