Vreemde Stad

Donker word, die lug so blou.
Ek sit hier in, my flat alleen.
Die lug is vars, die reën is stil.
Die aand se woel het skaar begin.
Ek vreemdeling, in vreemde stad.
Niks branders, oorkant hierdie pad.
My deur staan heeldag wawyd oop.
Maar net nog stilte, het hier ingeloop.
Jou trane oor, die telefoon.
Ek weet dit is my, verdiende loon.
My grootste fout, ek word te oud.
Het vir jou laat agterbly, om te wag vir my.
As alles om jou wegraak.
En die wêreld jou maar min traak.
As die mure om jou begin te kraak.
Die Gemmerbrandewyn min raak.
Tussen stegies, en geboue.
In Bernettestraat se, oggend koue.
Word die wedloop tot stof gedwing.
Dan kom die stilte, wat jou huistoe wil bring.
Jou trane oor, die telefoon.
Ek weet dit is my, verdiende loon.
My grootste fout, ek word te oud.
Het vir jou laat agterbly, om te wag vir my.

Jou trane oor die telefoon.
Ek weet dit is my verdiende loon.
My grootste fout, ek word te oud.
Het vir jou laat agterbly, om te wag vir my.
Het vir jou laat agterbly, om te wag vir my.