Moenie

As my oë, hul asem terug kry.
En my wonder, oor jou stilbly.
As my voete, weer hul plek kry.
Sal my hart, van voor af rus kry?

Waar, ek ookal afdraai.
Moenie my, laat verkoop nie.
Waar, ek ookal wegdraai.
Moenie my, alleen laat loop nie.

Mag jou seile, sagte wind kry.
En jou son, se strale vol bly.
Mag jou arms, weer hul sin kry.
En jou oë, se vensters heel bly.

Waar, jy ookal afdraai.
Moenie trane, oor my stort nie.
Waar, jy ookal wegdraai.
Moenie liefde, dors laat word nie.