Bring Jou Hart

[Theuns]
Ken jy die pad na ‘n plek wat ‘n merk in jou hart los?
Ken jy die spore van saamwees deur die droë Karoo?

[Juanita]
Waar elke oomblik tussen ons, geanker bly.
Waar al my wense lê en wag om jou te kry.

[Juanita]
Oooh...
Bring, bring jou mooiste drome, bring jouself, jou liefdeswoorde.
Jou huis is waar jou hart is in die klein Karoo.

[Theuns]
Gooi jou stem oor al die vlaktes.
Graveer my name in jou gedagtes.
Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo.

[Theuns]
Soek jy ‘n skuilplek waar die vrese in jou laat bedaar?
Soek jy ‘n lêplek wat jou warm hou in die nag?

[Juanita]
Oor berg en dale loop ek vir jou, as jy verdwaal.
Op die horison se lyn, kom ek jou haal.

[Juanita]
Oooh...
Bring, bring jou mooiste drome.
Bring jouself, jou liefdeswoorde.
Jou huis is waar jou hart is in die klein Karoo.

[Theuns]
Gooi jou stem oor al die vlaktes.
Graveer my name in jou gedagtes.
Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo.
Instrumenteel

[Theuns]
Bring, bring jou mooiste drome.
Bring jouself, jou liefdes woorde.
Jou huis is waar die hart is, in die klein Karoo.

[Albei]
Gooi jou stem oor al die vlaktes.
Graveer my name in jou gedagtes.
Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo.(x3)