Beautiful In Beaufort Wes

Jy was Beautiful in Beaufort-Wes, en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou,
en ek en jy het op grafte en op treine op Ford Fairlane se agterseats gevry.
En nou is jy en jou man both computer analysts, en laas winter,
you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my.

Jy kan nie meer slaap.
Nie, nie meer lag,
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie.

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook, terwyl jy Menthol sigarette rook,
en al daai sweet, sweet dinge vir my sê, terwyl jy sweet, sweet in my arms lê.
En die presiese woorde ek‘t presies vergeet, ek onthou net die rook en die sweet
in Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel, summer cotton dress.

Nie meer slaap.
Nie, nie meer lag,
Nie, nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie

En dis miskien soos ‘n storie uit die Huisgenoot.
Maar jy het een aand skielik vir my weggestoot en in die rearview mirror jou gesig gekyk en gesê miskien moet ek gelukkiger lyk en daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie.
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos ‘n roeiboot al in die rivier af dryf.

Ek kon nie meer slaap.
Nie, nie meer lag,
Nie, nie meer iets vir myself doen nie, en nooit ooit weer vir jou soen nie.

Die laaste herinnering waaroor ek sing, is die nag ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant die ding-dong gong van die breakfast waiter in die gang verby.
Dit was my wake-up call my lief, jy het gesê: “Wees asseblief lief vir my”,
maar ek’t gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon.

Ek kon nie meer slaap.
Nie, nie meer lag,
Nie, nie weer iets ooit reg doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.

Ek kon nie meer slaap.
Nie, nie meer lag,
Nie, nie meer iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.