As Jy My Nou Kon Sien

As jy my verstaan het
Dat elke dag 'n nag het
Vir elke son 'n maan
Wat om en om hom baan
Sou jy my kon verstaan het
As jy my nou kon sien
Sou jy dit verstaan het

As jy my gevra het
Of ek jou sou gedra het
Oor elke berg en dal
Jou met my hart betaal
Waar ander jou gefaal het
As jy my nou kon sien
Sou jy dit verstaan het

As jy dit verstaan het
Dat elke dag 'n naam het
Na jare eers vergaan
As ek dit moet onthou
Is dit joune wat bly staan
As jy my nou kon sien
Sou jy dit verstaan het

As jy my nou kon sien (x4)
Sou jy dit verstaan het (x4)

Sou jy dit verstaan