Assegaai

Assegaai
Jou punt steek deur my hart
Daar's 'n gat so groot
Jy kan 'n melkweg daardeur saai
En jy vra my nou
Is daar plek vir jou...
Want daar's 'n kaai
In my hart waar skepe draai
Om en om so groot soos Tafelbaai
En jy vra my nou
Is daar plek vir jou...

Om 'n moeghart neer te lê
Om hier langs my te kan lê

In my laai
Lê my woorde net aan jou
Daar's al meer as kabeljou
En jy vra my steeds
Dink ek nog aan jou
Kom maak 'n draai
My hart's al wawyd vir 'n jaar
Daar is plek vir 'n basaar
Maar dis baie leeg
Soos 'n ou kafee...

En dis net wat ek wil hê

Om jou naby my te hê