Altyd ma se kind

Hierdie is n lys alles wat ek voel hier op papier geskryf, noem die 'n brief, 'n lied, 'n gedig of 'n versameling van dankbaarheid. Nou's die regte tyd,later is te laat en tyd vlieg verby. So hierdie is 'n storie van 'n liefde wat jy net eenkeer kry, wie was daar toe ek die eerste keer my oe oopmaak en die lewe in tree, wie was daar, hoe sou ek ooit vergeet om my te leer 'n goeie lewe te leef. Ma het vir my lewe gegee die beste gegee wat Ma kon, Ma het vir my soveel geleer, geleer van die soet en die seer maak nie saak wat gebuer. Ek sal nooit vergeet. Ek bly altyd Ma se Kind, altyd Ma se kind. Ek sal nooit vergeet nie alles wat Ma my as 'n kind geleer het om onvoorwaardelik trots te wees op myself en om vir ander mense te gee en watookal gebuer ek moet weet dis okay om nie perfek te wees nie, so hierdie is n storie van n liefde wat net 'n Ma kan geen wie was daar toe ek die eerste keer verlief geraak het dat my hart net wou breek, wie was daar om met die seerste seer te troos en trane van my wang af te vee,Ma het vir my lewe gegee die beste gegee wat Ma kon, Ma het vir my soveel geleer, geleer van die soet en die seer, maak nie saak wat gebuer. Ek sal nooit vergeet. Ek bly altyd Ma se Kind, altyd Ma se kind. So ek belowe vir die res van my lewe is ek dankbaar Ma en ek belowe vir die res van my lewe is ek daar vir Ma. Ma het vir my lewe gegee die beste gegee wat Ma kon, Ma het vir my soveel geleer, geleer van die soet en die seer, maak nie saak wat gebuer. Ek sal nooit vergeet. Ek bly altyd Ma se Kind, altyd Ma se kind