Sal Ek Ooit Weet

Ek is 26 jare, ek soek my in my snare
En in breakfast kafeetjies waar ek gaan
Ek is altyd maar alleen, ek hou van die reën
Want as dit bewolk is dan dink ek aan jou
En aan waterstrome by Golden Gate
Die sterre daardie aand toe ons saam besluit
Om te gaan sing by die waterval so skuins voor elf
Min het jy geweet ek soek myself
En daai volgende oggend ons goodbye’s gesê
En sederdien nog nooit weer vir jou kon sê dankie
Dankie vir die stappies oor die strome
Die Jesus geselsie en die drome
Die bome, die moerasse en die diere
En daai onvergeetlike ure

[Koor]
Sal ek ooit weet of ek lief is vir jou (x3)
Sal ek ooit weet of nie.

Ek is 26 jare, jys nog altyd in my are
Ek probeer jou onthou waar ek gaan
Jy was mooi en doodgewoon
Die lig was so skoon, die sterre, die maanskyn
Laat dink my aan jou en my halwe tank petrol vanaf Golden Gate
Die tollgates wat te duur is toe ek bang besluit
om by die metro polisieman bakhand te hou
Min het jy geweet ek hou van jou
en daai volgende oggend vir my broer gesê
ek weet nie of ek ooit weer vir jou gaan sê, dankie
Dankie vir die stappies oor die strome
die Jesus geselsie en die drome
die bome, die moerasse en die diere
en daai onvergeetlike ure

[Koor]
Sal ek ooit weet of ek lief is vir jou (x3)
Sal ek ooit weet of nie.

Dankie vir die stappies oor die strome
die Jesus geselsie en die drome
die bome, die moerasse en die diere
en daai onvergeetlike ure

[Koor]
Sal ek ooit weet of ek lief is vir jou (x3)
Sal ek ooit weet of nie.