Halleluja Om Die Vuur

Dis 'n ongekende wêreld, wat my roep nou al vir maande.
Ek ervaar ongewone drome in my kop.
Dis of die winter dit vererger.
En ek dink nog 'n bietjie verder.
Maar die dinge van die wêreld, laat my stop.
Dit laat my wonder.

Is die stemme en die drome, dalk nie waar nie?
Is die vure die kitare, nie regtig daar nie?
Is ek hartseer?
Of is dit God se plan?
Is dit God se plan?
Ek sien strome water, en vrugbare grond.
Ek sien twee jare later, en ek voel opnuut gesond.
En daar is lewe en dis winter, en die kaggelvure brand.
En daar is liefde, en dis somer, en daar’s vrede in ons land.
En ons is vrolik, en dis lente, en ons luister na die reën.
En ons sing saggies, en dis herfs, en ons dank God vir sy seën.
Ons sing Halleluja, om die vuur.
Ons sing Halleluja, om die vuur.
Ons sing Halleluja, om die vuur.
Gloria Halleluja, God is hier.
As jy die onbekende wêreld, vir my dan nie bestaan nie?
Hierdie drome in my kop, net drome bly.
Sal ek altyd streef na vry wees en vir almal om my bly wees.
Wat hul vryheid net in God se woorde vind, maar vir nou glo ek.
Hierdie stemme, hierdie drome, is regtig waar.
Hierdie vure die kitare, is regtig daar.
Ek is happy.
En hier is God se plan.
Hier is God se plan.

Strome water, en vrugbare grond.
Twee jare later, opnuut gesond.
En daar is lewe en dis winter, en die kaggelvure brand.
En daar is liefde, en dis somer, en daar’s vrede in ons land.
En ons is vrolik, en dis lente, en ons luister na die reën.
En ons sing saggies, en dis herfs, en ons dank God vir sy seën.
Ons sing Halleluja om die vuur.
Ons sing Halleluja om die vuur.
Ons sing Halleluja om die vuur.
Gloria Halleluja, God is hier.