Herfsdagtes

Jou spore loop wyd oor hierdie land
Ook van die noorde na die suidekant
Het jy dit gevind
Dit waarvoor jy so lank loop soek het
Eenkeer..het ek dit gekry in die kyk van 'n kind
En die res …
Was maar alles 'n gejaag na wind

As jy dan moet gaan
Laat die son en die wind en die maan
Jou altyd terugbring na my
Ek ken van die reën
En dit maak nie saak waarheen
Die pad jou vat ek sal jou kry

Hierdie woorde het ek onthou ,
Diep in die nag…
Op die pad tussen nou en nêrens
More het sy eie sorge
Van winter en wie weet wat nog
As ek tog net, as ek tog net…
Vergeet dit dis verby net soos die name
Van die dorpe, en die stede waardeur jy ry
As jy dan moet gaan….