Boks

Gee my net 'n gap
tussen jou vooropgestelde idees wat jy het oor my
Gee my net 'n kans om my kant te stel,
om te se wat ek dink voordat jy my
in jou boks wil druk!

Glo net wat jy wil glo
Gee net wat jy wil gee
Hoor wat jy wil hoor
Sien wat jy wil sien
Se net wat jy wil se
Vat net wat jy wil vat

En loop,
Voordat jy my in jou boks wil druk!

Hoe verduidelik jy dit wat jy nie verstaan nie?
Hoekom voel mens dit? Dit wat mens nie wil voel nie?
Persepsies en opinies word jou realiteit
Wanneer is genoeg genoeg? Wanneer is genoeg?

'n Oog vir 'n oog, en 'n tand vir 'n tand
Hoe soet is jou braak, hoe sout is jou wond?
Hoeveel stroop sit om jou mond?