Ek wonder

Ek wou dit alles nog verduidelik
Jy het gekies om nie te luister
Toe pak ek alles op
Ek voel hoe hou jy my nog dop
soos ek wegloop

En in die aande dan vergeet jy
Jy't my verloor en dan oorreed jy
My van jou liefde sonder seerkry
En in die môre vergeet jy

Jy laat my droom in die nag
Van ware liefde en 'n man so sag
Jy laat my wonder hoe die wêreld sou wees
As dit die hele tyd net aand was

Ek sal vir altyd aan jou vashou
Jy maak my seer maar ek vergeet gou
Want al jou woorde laat my onthou
Van iets besonders saam met jou

Jy laat my droom in die nag
Van ware liefde en 'n man so sag
Jy laat my wonder hoe die wêreld sou wees
As dit die hele tyd net aand was

Jy vra my sal ek kan wag
Tot op die einde sal ek sê elke dag