Sweet Dreams

Ek lees jou sms
Vergeet van al die res
In my hart is jy altyd ingeprent
Jy’s `n deel van my
Dit sal altyd so bly

Soos dit later word
Dink ek meer aan jou
Het al jou smse op my foon gehou
Net voor ek gaan slap
Wag ek dat jy se….

[Chorus]
Sweet dreams baby,lekker doeks
Gaan jy my heelnag in jou drome soek?
Soos `n ridder in `n storieboek
Sal jy my kry ek wil he jy moet
Sweet dreams baby,se vir my
Dat jy my iewers in daai droom sal kry
As die son opkom en die droom verdwyn
Voel ek jou nog hier naby my

Toe ek wakker word
Dink ek weer aan jou
Ek sukkel om gisteraand se droom te kan onthou
Daar was ek en jy,soene en champagne

Sal ek jou weer vanaand in my drome kry
By dieselfde boom soos met ons eerste vry
Waar jy my altyd sal bel

[Chorus]

[Bridge]
En al voel ek ver van jou
Sal ek dit altyd onthou
Dis waarom ek vashou
As ek vanaand weer wakker le
Sal jy my bel om te se
My baby slap jy al
Ons kan praat totdat jou oe toeval

[Chorus]