Soos Jy Dit Doen

Wens ek kon verduidelik
Jou verduidelik hoe ek voel
Alles vir jou skryf
Dat jy kan sien wat ek bedoel

50 jaar van nou af
Sal jy weer die brief kan lees
Dat jy kan sien wat ek geskryf het
Was nog altyd waar gewees

[Chorus]
Niemand kan dit doen
Niemand kan dit doen soos jy dit doen
Niemand kan my soen
Niemand kan my soen soos jy my soen
Niemand kan dit voel
Niemand kan dit voel soos ons dit voel
Hou my,net jy

Liefde bly vir altyd
Ek sal altyd by jou bly
Al se ek dit nie hardop
Jy sal altyd weet dis jy

Woorde dra gevoelens
Maar die woorde kan verdwyn
So ek skryf dit in `n brief neer
Want `n brief verloor nie sein