Rooi Ligte

[Verse 1]
Hoe kom jy oor my mure?
Dis dan so hoog gebou
Hoe blus jy al my vure?
As ek jou ver weg hou
Hoe sien jy al my vrese?
As ek jou nie vertrou

[Pre-chorus]
Ek sien al klaar die einde, ek raak te lief vir jou

[Chorus]
Ek was nooit die een wat net als sou oorgee
Ek was nooit die een vir jou
Maar jy’t my hart gedraai teen my beter wete
Ek sien rooi ligte met jou

[Verse 2]
Daar was te veel verwagtings
Daar was te veel gebou
Op dit wat jy gedink het sou my by jou kon hou

[Chorus]

[Brug]
Hoe draai `n mens weer weg?
Van dit wat jy weet
Nie noodwendig goed sal wees vir jou
En hou `n mens jouself so vas as jy gelos het?
En ek weet dis te laat

[Chorus]