Lief Vir Jou Geraak

Hoe kon ek als so verloor
Hoe kon ek almal net so glo
Terwyl ek weet hoe werk jou hart
Terwyl ek weet hoe alles was

As ek weer `n kans kan kry
En jou woorde hou by my
Sou ek jou terug draai na my toe

[Chorus]
Ek het lief vir jou geraak
Het my hart van voor af oopgemaak
Ek’t my keuse reeds gemaak
Maak die res regtig saak?
Hulle se jy sou my seermaak
As die leuns van die verlede ons moes raak
Maar almal was toe verkeerd
Jy was beter gewees
Jy’t die beste van jou vir my gegee

Die storm het lank aangehou
Ek hoor al dae nie meer van jou
Jy was daar,elke keer
Deur die goeie en die seer
Vergewe my,kan ons vergeet?
Ek wil vir altyd by jou wees
Kom ons draai terug die wiser

[Chorus]