As Die Gordyn Val

[Verse 1]
Ek en jy,staan alleen
Almal is weg,en ek voel dit reen
Soos elke aand,na elke show
Los jy my weer,en jy’t geen berou

[Chorus]
As die gordyn val,haal jy jou masker af
En word jy weer jouself,waar niemand jou kan sien,en niemand ooit sal weet nie
Maar dit verander alles
Verander hoe ek voel-En wat ek van jou dink
Verander my en jou,ons boot begin te sink
Want jy voel niks vir my nie…As die gordyn val

[Verse 2]
Hoe was ek so verkeerd?Waarom kon ek jou net nie vergeet
En ook soos jy,elke aand
My teen die ander daar om jou meet

[Brug]
Ek wens ek kon dit skreeu
Ek voel so vasgehou
Want vir my en jou was daar tog nooit `n kans gewees