Lief Vir Jou

Jy't jou hele hart aan my toevertrou.
Dis die mooiste geskenk tussen my en jou
En ek sal alles doen om jou gelukkig te maak.
Jy hoef nooit te wonder hoe ek voel.
Want my hele hart is vir jou bedoel.
Ek wil hê die hele wêreld moet weet.

Oor die weie vlaktes
Oor die kranse wat 'n antwoord gee
Na die hoogste hemel wil ek skree ek is lief vir jou.

So lief vir jou.
Mag elke eggo jou herinner dat jy nooit vergeet.
Mag jy onthou en altyd weet ek is lief vir jou.
So lief vir jou.

Ons sal nooit kan weet wat môre bring
Maar dis 'n lewenslied wat ons saam kan sing.
Kom ons gaan haal
Elke ster wat wink.
Ek sal elke dag sê dat jy dit hoor
Want sonder jou by my bly niks meer oor.
Ek wil hê
Die hele wêreld moet weet.

Oor die weie vlaktes
Oor die kranse wat 'n antwoord gee
Na die hoogste hemel wil ek skree ek is lief vir jou.

So lief vir jou.
Mag elke eggo jou herinner dat jy nooit vergeet.
Mag jy onthou en altyd weet ek is lief vir jou.
So lief vir jou.
So lief vir jou...