Aaanhou Om Aan Te Hou

Daar's n doel vir my lewe
Ek is hier vir n rede
Eks gebore om iemand te wees
Die somer seen my
Die winter leer my
Deur die bitter en die soet word ek sterker
Al kan ek soms nie verstaan nie waarheen my paaie gaan nie
Sal ek nooit gaan le
Ek sal net aanhou om aan

Te hou nooit ophou aan
My drome bou
Wil lewe
Lewe
Vir elke oomblik
Tot aan die einde
Hou my spore vorentoe
Hou my oe net boontoe

Wil swewe
Swewe
Hoog daar bo
En aanhou om aan te hou

Soms gee ek n tree terug
Maar ek bly net geduldig
Want ek weet my krag le in stilwees as die tyd weer reg is
En my kragte genoeg is
Sal daar niks wees wat my hart se rigting keer
Al kan ek soms nie verstaan nie
Waarheen my paaie gaan nie
Sal ek nooit gaan le