Vlieg Hoog

Hoër as die storms van die lewe, dis onder my.
Hoër as die wind van die verlede, dis agter my.
Hoër as die son, na die Lig.
Ek vlieg hoog.
Die pad lê gelyk en uitgestrek, my lewe wag vir my.
‘n Reënboog vol beloftes voor want gister is verby.
Al my drome, ek gaan dit haal.
Want ek vlieg hoog.
‘n Arendsvlug op ‘n vaste koers met ‘n engel aan my sy.
Die berge kan maar val om my want ek weet ek is vry.
Ek sprei my vlerke, hoër.
Want ek kan!
Hoër as die storms van die lewe, dis onder my.
Hoër as die wind van die verlede, dis agter my.
Hoër as die son.
Na die Lig.
Ek vlieg hoog.
Op die wind van die Here se genade, rondom my.
Hou ek my oë op die wenpaal, voor my.
Hoog bo die son.
Na die Lig.
Ek vlieg hoog.
My asem sal nie opraak nie want Sy asem is in my.
Ek weet ek sal nie moeg raak nie want Sy hande dra my.
As ek val tel, Hy my op.
En sê “Jy kan!”
Niks kan my meer bangmaak nie, niks sal my onder kry.
Wat sal ‘n mens aan my kan doen, want ek weet ek is vry.
Ek sprei my vlerke hoër.