Tussen Woorde

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure.
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure.
En ek weet ek is niks sonder jou.
Hier lê die drome.
Hier lê die woorde.
Hier lê die strale van die son waarin ek is.
Soveel liefde om te gee.
Soos die branders van die see.
Wat van al my drome wis.
Hier lê die spore.
Hier lê die name.
Hier lê die harte wat my woorde verder dra.
En my hart wil dankie sê.
Dat ek hierdie droom kan hê.
Soveel meer as wat ek vra.
Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure.
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure.
En ek weet ek is niks sonder jou wat.
Saam my drome bou.
En wie my vashou.
In jou oë is die rede dat ek sing in die duister.
As jy lag kan ek hoor hoe al die engele fluister.
Wat my hart vir jou wil sê.
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê.
Hier lê die ligte.
Hier lê die sterre.
Hier lê die ritme wat my verder lei.
Wat ek hoor en wat ek sien.
Hoe kan ek dit ooit verdien.
Hierdie wonderwerk vir my.
Hier lê die saamwees.
Hier lê die liedjies.
Hier lê die hande wat my hart se snare raak.
En my siel wil sing vir jou.
En my hart wil jou omvou.
Jy’t my lewe laat ontwaak.
Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure.
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure.
En ek weet ek is niks sonder jou wat.
Saam my drome bou.
En wie my vashou