Tingeling

Jy praat, praat, praat net soos die papegaai.
Dan sê jy ek hou my doof.
En jy ruk, ruk, ruk jouself in 'n krul.
Ja, jy het mos jou eie wil.

Maar vanaand as jy langs my kom lê, en jou rug op my wil draai.
Dan sit ek my arm om jou lyf.
Ek sê: "Onthou, onthou".
Jy's my hart se punt, jy's my warrelwind.
Ek vrek nogsteeds oor jou.
Jy gee my hoendervleis.
Jy laat my hare rys.
En my tone krul om oor jou.
Jy's my liefste ding.
Jy's my tingeling.
En oulik, oulik verbly.
Jy's my hartedief, ek het jou baie lief.
En jy bly nog die een vir my.
Jy maak my kop skoon deurmekaar.
Ek weet nie of ek moet lag of huil.
Jy is altyd reg, reg, reg en ek's verkeerd.
Ek kry net nooit 'n beurt.

Maar vanaand as ek langs jou kom lê, en ek my rug op jou wil draai.
Dan sit jy jou arm om my lyf.
En sê: "Onthou, onthou".

Jy's my hart se punt, jy's my warrelwind.
Ek vrek nog steeds oor jou.
Jy gee my hoendervleis.
Jy laat my hare rys.
En my tone krul om oor jou.
Jy's my liefste ding.
Jy's my tingeling.
En oulik, oulik verbly.
Jy's my hartedief, ek het jou baie lief.
Onthou.
Onthou.
Onthou.

Jy's my hart se punt, jy's my warrelwind.
Ek vrek nog steeds oor jou.
Jy gee my hoendervleis.
Jy laat my hare rys.
En my tone krul om oor jou.
Jy's my liefste ding.
Jy's my tingeling.
En oulik, oulik verbly.
Jy's my hartedief, ek het jou baie lief.
En jy bly nog die een vir my.
Jy's my hartedief, ek het jou baie lief.
En jy bly nog die een vir my.
Jy's my liefste ding.
Jy's my tingeling.
En jy bly nog my hart se punt.