Mengelmoeskardoes

Meer as die vrot in 'n vrot pampoen.
Groter as Hentiesbaai se wengaljoen.
Meer as die woes, in 'n mengelmoeskardoes.
Meer as al die tieners wat op mixtext chat.
Verder as die sesse van Gibbs se bat.
Meer as die gees, by Klein Karoo kunstefees.
Jy dink jy's lief vir my, maar ek lief jou meer.
Jy dink jou hart klop vir my, maar ek kan myne nie keer.

As jy my wil druk hou ek jou stywer vas.
Soen my gou, en ek sal jou verras.
Sê dit vir my en dan wys ek jou weer en weer.
Ek lief jou meer.
Langer as die draai van die Kaapse draai.
Dieper as die see in 'n Weskusbaai.
Wyer as wyd.
Hoër as die hoogste berg.

Meer as al die borrels in my borrelbad.
Groter as die potholes op die noordwes pad.
Verder as ver.
Langer as die N1 lyn.