Ek en Jy

Dis jou oë, jou oë wat dit aan my doen.
Dis jou mond, wat ek heeldag net wil soen.
Maar die glimlag, wat jy elke keer gee.
Wat my van my voete afvee.
Dis dit, wat in my gedagtes bly.

Ek glo, in al die woorde wat jy sê.
As ek jou net, vanaand by my kon hê.
Maar jy staan, in jou eie rigting.
En van my weet jy tog so min.
As ek, as ek net vir jou kon sê.

Jy’s ‘n deel van my, en ek sal vir altyd wag.
Ek staan hier en huil, en jy’s die een wat lag.
Sê my, hoe jy oor my voel, en of jy werklik als bedoel.
Ek en jy, is al wat bly hier in my hart.
Oooh! ... Ek en jy.

Net vir jou sal, ek elke ster gaan haal.
En met alles, wat ek het die prys betaal.
Maar is dit, werd om hier te wag.
Want ek staan hier, elke dag en nag.
Om net, om net dit vir jou te sê.

Jy’s ‘n deel van my, en ek sal vir altyd wag.
Ek staan hier en huil, en jy’s die een wat lag.
Sê my, hoe jy oor my voel, en of jy werklik als bedoel.
Ek en jy is al wat bly hier in my hart.

Jy’s ‘n deel van my, en ek sal vir altyd wag.
Ek staan hier en huil, en jy’s die een wat lag.
Sê my, hoe jy oor my voel, en of jy werklik als bedoel.
Ek en jy is al wat bly hier in my hart.
Oh! ... Ek en jy.
Ek en jy.
Ek en jy.