Dis Waar Ek Wil Wees

Dis ek en jy vanaand.
Niemand hier om ons heen.
Ek sien jou daar staan, so verward.
Jy lyk tog so alleen.

Ek sien jou nader kom.
My hele wêreld draai om.
Dis jou oë wat sê, dat jy my wil hê.
Ooh! Ek staan verstom.

Dis waar ek wil wees, hier by jou.
As jy my in jou arms hou.
Dan kan die wêreld maar verbygaan.
Ek sal vir altyd by jou staan.
Gee my net 'n kans, 'n laaste dans.
Jy weet nie wat jy doen aan my.
As ek jou hartklop voel teen myne
Weet ek dis hier waar ek wil bly.

Jy doen dit elke keer.
Ooh! ... jy maak my so mal.
Jou liefde wil ek hê, meer en meer.
As jy net sê jy sal.

Ek het so lank gewag.
Om jou by my te hê.
Jy probeer vertel, met 'n laaste lag.
Jy hoef niks meer te sê.

Want dis waar ek wil wees, hier by jou.
As jy my in jou arms hou.
Dan kan die wêreld maar verbygaan.
Ek sal vir altyd by jou staan.
Gee my net 'n kans, 'n laaste dans.
Jy weet nie wat jy doen aan my.
As ek jou hartklop voel teen myne.
Weet ek dis hier waar ek wil bly.

Dis waar ek wil wees, hier by jou.
As jy my in jou arms hou.
Dan kan die wêreld maar verbygaan.
Ek sal vir altyd by jou staan.
Gee my net 'n kans, 'n laaste dans.
Jy weet nie wat jy doen aan my.
As ek jou hartklop voel teen myne.
Weet ek dis hier waar ek wil bly.

Want dis waar ek wil wees, hier by jou.
As jy my in jou arms hou.
Dan kan die wêreld maar verbygaan.
Ek sal vir altyd by jou staan.
Gee my net 'n kans, 'n laaste dans.
Jy weet nie wat jy doen aan my.
As ek jou hartklop voel teen myne.
Weet ek dis hier waar ek wil bly.
Ooh!... Dis hier waar ek wil bly.