Die Vraagstuk (remix)

Yskoue bier en 'n joint in my hand

Ek soek kaffeïen, ek soek nikotien, ek soek my steak gaar
Ek soek 'n meisie wat wag as ek dronk uitstap by die bar
Ek soek 'n enkel, ek soek 'n dubbel, ek soek 'n trippel sonder vra
Ek soek 'n wens masjien so as ek vra is alles kla daar
Ek soek meisies sonder high-heels, ek soek meisies sonder bys
Ek soek meisies wat saam met my staan en vir almal dit wys
Ek soek regte vriende, vriende wat deur alles staan by my
Ek soek vriende wat die heeltyd by dieselfde styl bly
Ek soek my jeans los, ek soek my hare een kleur
Ek soek 'n lewe sonder dwelms sodat ek weet wat gebeur
Ek soek dronk inhibisie, ek soek uitkyk en 'n visie
Ek soek minder wannabe's en meer mense met 'n misie
Ek soek minder mtv, ek soek mense wat in hulle psige delf
Ek soek net fokken mense wat fokken dink vir hulle self
Ek soek goeie waves, ek soek parties op die strand
Ek soek 'n yskoue bier en 'n joint in my hand

Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier
Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier

Ek soek kruise, ek soek labels, ek soek engele ek soek duiwels
Ek soek mense met messe, ek soek mense met bybels
Ek soek mense wat hou van tripop, ek soek mense wat hou van trans
Ek soek mense wat hou van hip-hop en langarm dans
Ek soek poppies ek soek gangsters, ek soek jocks, ek soek boere
Ek soek mense wat drink, kots en kruip oor die vloere
Ek soek parties by Evol ek soek parties by die shack
Ek soek parties by Danskraal ek soek parties by my flat
Ek soek castle ek soek hunters ek soek port ek soek wyn
ek soek die cain train, ek soek bottels brandewyn,
ek soek water ek is dors,
Ek soek tjops ek soek wors
Ek soek mense wat nie kwaad raak nie as ek mors
Ek soek liefde ek soek haat
Ek's bly dan is ek kwaad
Ek soek mense wat by my kuier tot dit laat raak.
Ek soek drinking games waar niemand ooit wen nie
Ek soek 'n bar waar ek kan drink waar niemand my ken nie

Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier
Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier

So wie gaan by my staan in die koue oggend ryp
Wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip
Wie gaan lê in my arms as die tortelduiwe roep, as die son opstaan opsoek na vars bloed
Want vriende bly vriende maar jy staan eintlik alleen,
as die donderweer slaan, staan jy alleen in die reën
As die vloede kom soek jy alleen vir 'n brug
Ek stap in donker strate opsoek na 'n straatlig
Die enigste ligte in die nag is die vure van hel
Die enigste vriende wat jy het, het al lankal geval
In die donker ure skink net duiwels nog 'n dop
Satan sit saam't sy kinders en kyk hoe kom die son op

Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier
Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier
Joint in my hand, ek soek parties
Joint in my hand, yskoue bier

As ek op die dood is wie gaan langs my bed sit en vir my bid,
Wie gaan in die grys mis blomme op my graf sit
Ag fokkit, klaar geworry, ek's klaar, as jy my soek ek is die ou met die snor by die bar