Komma

In jou gesig is ’n sterrestelsel
Ek is ’n kind wat na die sterre kyk
As jy jou hande deur my hare vryf
In die donker
Voel ek weerloos
Voel ek weer klein

As die storm weer begin sanik
Die berg brand
En die boom omwaai
En die vlamme aan my gordyne lek
Dan skryf ek vir ons ’n nuwe plek

Want as die weer weer kom
Sal dit kom om te bly
Ek ken die skaamte en die kwesbaarheid
Ek onthou ons het hardop gebid
En ek onthou ons het in ons skoolklere gevry

So ek skryf maar vir my ’n wegkruipplek
Want ek weet die weer sal weer kom om te bly

Maar
Komma
Kom maar
Komma
Kom maar weer
Hierdie keer is ek gereed

Ek sal ’n byl in my hand hê
Partykeer moet jy
Iets oopbreek
Ek ken van in die hoek geskop word en gil
Jou teen die ruit stamp dat ons albei kraak

Ek skryf maar vir my ’n wegkruipplek
Daar’s ’n berg houtpiele wat brand in pleks van my verstand

Maar
Komma
Kom maar
Kom maar binne
Weer
Hierdie keer is ek gereed

In jou gesig is ’n sterrestelsel
Ek is ’n kind wat na die sterre kyk
As jy jou hande deur my hare vryf
In die donker
Voel ek weerloos
Voel ek weer klein