Tussen Die Krake

Hierdie jaar het soos 'n vliegtuigenjin op my neergedaal
en ek neem aan ek sal moet verantwoordlikheid hiervoor aanvaar

My brose verstand wat witwarm soos 'n jong vlam
hierdie lopende doodskis verbrand
onkunde sal altyd seevier
jou haat sal jou verteer

Dis jammer dat almal so verskriklik jammer is
soos trauma pasiente is gevoelloos
maar doelgerig om so vinnig as moontlik ons pad , ons pad uiteindelik, uiteindelik hier uit te vind
jou haat sal jou verteer

My brose verstand wat witwarm soos 'n jong vlam
hierdie lopende doodskis verbrand
onkunde sal altyd seevier
jou haat sal jou verteer

In ons verbrokelende fondasie is daar nou lewe in krake waar daar eers niks was nie
en ons sal bly veg, en sodoende ons menswees verloor
maar wat bly dan oor?

Jou haat sal my verteer
Jou haat sal jou verteer

My brose verstand wat witwarm soos 'n jong vlam
hierdie lopende doodskis verbrand
onkunde sal altyd seevier
jou haat sal jou verteer