Antibiotika

Dit was 'n gelukskoot
VOLKSMOORD vermy,
wie sê AFRIKAANS is dood??????
Jammer meneer, ek het my les geleer

Die Goddelose, het geen heenkome
Ruik soos tienergees,
'n bleeksiel tussen die spoke

DONKER Afrika
is net donker vir die met oogklappe aan
hy wat nie kan dink,
wie se harsings hard en stowwerig is

Mik vir my HART,
dit pomp wildernis hier binnekant
ek's NET 'n toeris in MY GEBOORTELAND
'n gekwesde dier in 'n hok op ANTIBIOTIKA!!!!!

Dit is die waarheid
wat my geweld aan doen
Ek leef in ongeloof
my lied is eindeloos

Wil jy stilstaan as ek doodgaan?
SAl jys tilstaan as ek doodgaan
hoe kan mens dik as jou hande altyd vasgebind is.

Mik vir my HART,
dit pomp wildernis hier binnekant
ek's NET 'n toeris in MY GEBOORTELAND
'n gekwesde dier in 'n hok op ANTIBIOTIKA!!!!!

Mik vir my HART,
dit pomp wildernis hier binnekant
ek's NET 'n toeris in MY GEBOORTELAND
'n gekwesde dier in 'n hok op ANTIBIOTIKA!!!!!