Net 'n mens

Ek kan onthou toe jy dit sê
"wag tot jy eendag kinders het,
Dalk sal jy beter kan verstaan
Wat in 'n pa se hart aangaan"
En die waarheid bly
Vir die pa in my
Die die storie wat ek jou nog moet vertel
Ek is lief vir jou met als, dit weet jy wél
En al ken jy nie my naam of my gesig nie
As jy val, sal ek daar wees en jou oplig
Dis die waarheid wat jy altyd moet onthou
Hierdie wêreld maak sy deure oop vir jou
Mag jy droom, mag jy dans, mag jy wens
En nooit sien jou held is net ’n mens
Ek keer jou trane, keer jou vrees
Probeer 'n held vir jou te wees
Maar ek begryp nou wat ek het
Want jy's die een wat my kom red
En daar's niks wat jou leer soos 'n lewe
Jy gee alles op sonder 'n rede