My Woord

Ek wil jou blindelings lei
Deur 'n donker gang
Wil jou die kamer wys
Waar ek na jou verlang

Jy kan maar ophou praat
Hier maak geen woorde saak
Stop...laat my aan jou raak

Want ek gee jou my woord
Sonder dit is ons niks
Dis vir jou wat ek so lief is
En omdat ek jou so mis

Gee ek jou my woord
Dis meer as net 'n oomblik
Kan die ligte maar afsit
Ons gaan net op gevoel

Ek ken jou lyf se taal
Ek weet wat jy wil hê
Jy moet net asemhaal
Jy hoef niks te sê

Jy kan my vertrou
Jy sal vanaand onthou
Want alles gaan oor jou