Bokke Skiet Terug

Die stories loop weer wild die eerste aand om die vuur,
Van jagtrips in Selous tot kettie skiet na ‘n tier
Van springhaas met slagtande en leeus met kaalhand vang
Die aand word al hoe maller soos die brandewyn in ons oe hang

[Pre-chorus]
Hierdie storie loop nou so,en glo my ek was daar
My roer teen die bok gaan neerle,want hierdie jag was mos klaar
Die bok staan op soos ek my rug op hom draai
En hak toe die geweer en daai geweer was gelaai

[Koor]
Vlug manne vlug,hierdie bokke skiet terug
Gee nie om wat die mense se nie
Hierdie bokke wil nie bly le nie (x2)

Met ‘n duikrol slaan ons dekking wat de hel het ons hier?
Dis daai gekweste rooibok wat ons jagtrip ontsuur
Ek word nie nou al biltong, kan die reuk van slaghuis nie verduur
Jy gaan beter moet skiet vir my foto teen die muur

[Koor]