Bloubul Shebeen

In vroeg 2010 was die land sokker mal,
En Fifa se fluitjie het op Loftus geval,
Die bulle moes uit en die pale moes gaan,
As jy final wou kyk moes jy...Soweto toe gaan,

Ons pak toe die bussie, vleis, klippies en coke,
Die manne is nervous, die jonges wil choke,
Maar dis groot rugby final en blou bloed’s nooit bang,
Hier kom ons Orlando, mag geen....tsotsi’s ons vang....

Maar nooit sal jy glo wat ek nou gaan vertel,
Soweto partykie! Hy klim in ons vel!
Die mense lag almal, ‘n African dream,
En daar om ‘n draai, staan die Blou bul shebeen, ‘n Blou bul Shebeen?

[Koor]
‘n Blou bul shebeen, Eisan!
‘n Blou bul Shebeen? Hola!
Nooit in jou lewe het jy so iets gesien.
‘n Blou bul shebeen, Eishan!
‘n Blou bul Shebeen? Hola!
In Soweto, dis rugby
Dis kwaito en khaki,
En niemand kry gestaak nie,
In daai Blou Bul Shebeen!

Die karre en busse maak daai plek vol,
Nog nooit in Soweto was daar so ‘n wit kol,
Dis rugby soos sokker die braaie vat vlam,
Die mense lag lekker, die kleure meng saam

Dis tyd vir die game maar die manne wil bly,
Daai Blou shebeen het ‘n T.V. gaan kry,
Ek vat toe my kaartjies en skeur hulle op,
Ek sê vir daai Queen , skink maar...nog ‘n dop!

Die hele shebeen het geskreeu, ons was laf,
Toe die Blou bulle daar by Orlando uitdraf,
Rugby, Soweto, jy’s seker mal!
Maar lyk my almal by South Africa hulle like die rugby bal!

[Koor]