Soet September

Ek voel die aarde om my draai
As jy jouself hier om my swaai
Jy’s meer as wat my hart nog ooit wou hê

Soos die bloed hier in my vloei
Is jy die hart wat my laat bloei
Jy’s meer as wat my lippe
Ooit wou sê

[Chorus]
Daar is niks wat ek ooit sal nodig kry nie
Ek het als want jy is hier by my

Jy bring die somer terug na my
Die koue winter is verby
Van my ooste tot my weste
Is jy altyd deel van my

So laat die storms teen ons draai
Tot waar Augustus winde waai
Soet September tot Desember
Is jy naby my
‘n Deel van my

Jare gaan so gou verby
En hier is jy nog steeds by my
Jy’s alles wat my hart begeer en meer

Soos seisoene kom en gaan
Leer ons twee mekaar verstaan
Meer as wat ek ooit verwag het
Dit sou wees

[Chorus]
Daar is niks wat ek ooit sal nodig kry nie
Ek het als want jy is hier by my

Jy bring die somer terug na my
Die koue winter is verby
Van my ooste tot my weste
Is jy altyd deel van my

So laat die storms teen ons draai
Tot waar Augustus winde waai
Soet September tot Desember
Dink ek net aan jou
Ek dink net aan jou

Jy gee my hoop

Jy bring die somer terug na my
Die koue winter is verby
Van my ooste tot my weste
Is jy altyd deel van my

So laat die storms teen ons draai
Tot waar Augustus winde waai
Soet September tot Desember
Is jy altyd deel van my

Jy bring die somer terug na my
Die koue winter is verby
Soet September tot Desember
Dink ek net aan jou
Ek dink net aan jou

Ek dink net aan jou