Storieman

Lank gelede ons was 7 sonder vrees of bang vir lewe ons was beste vriende toe verloor ek jou...

Eendag lank terug 21 sonder wysheid sonder rigting Vind ek iets in iemand wie ek kon onthou

Luister saam die storieman van my en jou

Ek skryf die boeke hier binne my
Die sprokies is verhale oor jou en my
Ek lees dit met so baie gevoel omdat ek alles bedoel sodat jy alles verstaan
Blaai om as jy die volgende woorde hoor, ek sal jou altyd vind as ek jou verloor ek lees dit met so baie gevoel omdat ek alles bedoel sodat jy alles verstaan en jy lees elke woord saam eks jou storieman.

Jys een van ñ soort boek se voorwoord elke hoofstuk wat ek neertik van begin tot aan die einde net vir jou
Luister saam die storieman van my en jou...

Jy is die rede hoekom woorde nie opraak nie want mens is niemand voordat iemand jou lief het nie...