Soen my (Dis wat jy aan my doen)

Alles hier vandag is mooi as ek lê hier langs my nooi
Somer son en seesand, saggies vat jy my hand
Jy ken my lag en hoe ek lyk as my oë so vir jou kyk
Jy weet wat ek nou wil doen, dit is ons geheim

Vat my hand ek wys jou waar die liefde lê sonder om iets te sê

[Koor]
So soen my op my lippe vat my om my heupe ek wil by jou lê, wil jou nou hê
Net jy weet hoe om dit te doen net jy weet hoe om my te soen
Ons is alleen nou ek en jy
So kom ek wys jou wat ñ man kan doen, als begin ñ soen...
Dis wat jy aan my doen.

Die tyd vlieg vinniger verby soos ons oud word ek en jy
Kom ons vergeet van môre, ons is hier en nou
Ek wil jou ewig vas kan hou as jou lyf hier om my vou
Ek hoor hoe klop jou hart nou en my en myne klop vir jou

Hou net vas en voel jy waar my liefde lê
Ek weet wat jy wil hê

[Koor]