My beter helfde

Ek wens ek het jou jare terug alreeds geken.
Ek weet dit sou van my ñ hele ander mens gemaak het.
Dis te maklik om daai woorde te sê ons bly vergeet dat dit betekenis het om iemand lief te moet jy verstaan wat jy het...

Ek wil dit kliphard skree die storie vertel van my beter helfde
Eerste keer in my lewe sien ek myself jys my beter helfde
Nooit ware liefde geken nie kon die woorde nie sê nie kon my hart nie laat wen nie nee
Ek wil dit kliphard skree die storie vertel van my beter helfde

Ek kan met eerlikheid sê ek is lief vir jou...
Ek wil dit nie meer langer net hier binne hou, ek wil nie.
Dis te maklik om daai woorde te sê ons bly vergeet dat dit betekenis het om iemand lief te he moet jy verstaan wat jy het...

Al die stukke van my hart wat daar oor was net gevat en weer aan mekaar gelas...
Met stukke van jou ingepas....
Stukke van jou ingepas.....