Dit is hier

Ek kan nie veel langer wag nie dit voel of ek wil skree of ek wil ingee
ek wil dit gil maar weet ek mag nie wag hier kom dit weer nog ñ keer
Alles brand hier binne in my kan dit nie langer wegsteek dit wil uitbreek
iets wat ek nou dadelik moet kry dis binne jou en binne my...

Ek weet nie wat dit is nie
Maar dit is nou hier en dit is alles wat ek kon wens en meer asof ek mal is
Orals brand die vure op die strande
Ja ek het jou hier in my twee hande
Ja dit is nou hier.

Ek wens ek kon dit stywer vashou so stewig soos ek nou net vir jou hier
binne in my arms toevou ek soek ñ bietjie meer ek gaan probeer om almal
wat ek rondom my sien, diselfde te laat voel ek bedoel dit
Almal bietjie vrede verdien. Vergeet van wat jou onder kry...

Ek weet nie wat dit is nie....