Dis Ons Huis

Verf verf die mure van my hart verf die mure van my huis, restoreer tot
jy gelukkig is
Bring bring die blomme na my tuin trek die see hier naby my kleur dit in
tot myne joune is

Want julle plek is hier by my
Dit maak my bang dit maak my bly
Breek dit af ons bou dit weer
Vir julle sal ek alles gee

[Koor]
Terwyl die kinders huil terwyl die honde blaf en die slapelose nagte wag
terwyl dit alles om ons mal is het ons ook ñ kruis dis ons huis

Ons gaan nog foute maak ons gaan nog baie leer ons gaan nog val en ons
kan weer probeer terwyl dis alles om ons mal is voel ek meer as tuis want
dis ons huis

Sê sê vir my wat jy wil he solank jy altyd by my lê praat met my as jy my
nodig het

Bou ek boh my lewe rondom nou
As julle loop sal alles vou, al vergeet ek alles sal ek dit onthou

[Brug]
Deur die liefde deur die swaarkry belowe ek my tyd vir jou
Ons sal alles gee want ek weet, ons het ñ huis op die rots gebou